Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus maak voorstel vir besparings en hoër subsidie vir kwintiel 5-skole

(Debat oor Gautengse provinsiale openingsrede)

Die VF Plus het in die debat oor die provinsiale rede van Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, aangedui dat die party oor navorsing beskik wat tot ’n moontlike R3 miljard-besparing in die 2026/27-begroting sal lei en die vorige hoër subsidie volkome of wesenlik kan herstel.

Die navorsing is gedoen in samewerking met ’n senior ekonoom en dit sal aan die LUR vir finansies, Lebogang Maile, en die premier oorhandig word.

Beide het reeds aangetoon dat hulle graag daaroor sal wil gesels. Die premier het tydens sy reaksie op die VF Plus se toespraak die party genooi om met hom te praat oor die navorsing.

Die navorsing is gegrond op besparings geïdentifiseer in die 2025/26-begroting wat geprojekteer word na die nuwe 2026/27-begroting. Besparings in die departemente van onderwys, gesondheid en behuising sal die kern van die nuwe fonds uitmaak waaruit ondermeer kwintiel 5-skole na behore befonds kan word.

Die besparings en heroriëntering daarvan na sinvolle provinsiale uitgawes sal bekend staan as die Fiskale Heroriënteringfonds (FHF).

Deel van die navorsing vir die FHF dui ook aan dat die verlaging van die subsidie vir kwintiel 5-skole wesenlike newe-effekte sal toon indien dit voortgaan. Daar word onder meer aangedui dat die middelklas en nie die welvarende ouers nie, die hardste getref sal word.

Statistieke SA dui ook aan dat skoolfondse een van die groot faktore is wat inflasie opstoot. Die skade weens die verlaging van die kwintiel 5-skolesubsidie sal dus wesenlik wees en moet daarom ten alle koste vermy word.

Die VF Plus sal daarom sy bes probeer om die FHF tot stand te bring ten einde die kwintiel 5-skolesubsidie te herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.