Die waarnemende kommissaris van die Polisie, lt.genl. JK Phahlane, ontken dat die Polisie enigsins betrokke was by die voorval waar die leier van die EFF, Julius Malema, beweer hy deur twaalf gewapende polisielede geïntimideer was. Hy het (gister) reageer op ‘n vraag van dr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus by die portefeuljekomitee van Polisie oor die betrokke beweerde intimidasie.
“Volgens lt.genl. Phahlane was dit lede van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) en die rede hoekom Malema se voertuig afgetrek was, is omdat dit met ‘n bloulig gery het en agterdog gewek het by die JMPD.
“Sou Malema se voertuig ‘n bloulig gebruik het, is dit onwettig en moet hy vervolg word. Indien die metropolisielede verkeerd opgetree het, moet daar stappe teen hulle geneem word. Daar is gereeld klagtes teen lede van die metropolisie wat hulle mag misbruik en dit kan nie toegelaat word nie.
“Malema het egter al in die verlede (Augustus 2011) in die openbaar vertel dat sy lewe in gevaar was en dat die Polisie twee keer sy huis vir bomme moes deursoek. Na ‘n vraag van my in die parlement het die minister van Polisie egter ontken dat daar enige deursoeking was.
“Daar kan nie toegelaat word dat die Polisie as politieke propaganda misbruik word nie. Ek sal vra dat die saak behoorlik ondersoek word sodat die korrekte feite na vore kan kom,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403
VORIGE BOMDREIGEMENT
MEDIAVERKLARING
ONDERWERP : Polisie wis niks van Malema se bomdreigemente
UITGEREIK DEUR : Dr. Pieter Groenewald
HOEDANIGHEID : VF Plus-hoofwoordvoerder: Polisie
DATUM : 15 September 2011
Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het bevestig dat die Polisie geensins klagtes gekry het van Julius Malema oor bomdreigemente of dat sy huis deursoek was vir plofstof nie. Hy het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Malema het verlede maand in ‘n radioprogram gesê dat sy huis twee keer deur die Polisie se plofstofeenheid deursoek moes word nadat hy dreigemente ontvang het.
“Iewers lieg iemand. Malema sê sy huis was deursoek deur die Polisie na bomdreigemente, maar die minister van Polisie ontken dit. Ek glo dat die minister die waarheid praat. Malema het beslis ‘n minderwaardigheidsprobleem en wil die indruk wek dat hy ‘n belangrike persoon is wat geteiken word. Met hierdie optredes wil Malema steun werf onder die werklose massas deur die indruk te wek hy kry ook swaar ten spyte van sy rykdom en dat hy geteiken word omdat hy vir die armes en werkloses veg,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403
Bomb squad searches Malema’s house twice
August 2 2011
The bomb squad had to search ANC Youth League president Julius Malema's house twice after he received threats, he said during on interview on Talk Radio 702 yesterday.
Listeners were given an
hour to call the radio station and ask Malema questions.
A caller asked Malema why he needed bodyguards.
“I have bodyguards because of the possibility of being mobbed and my life has been threatened,” Malema said.
“Sometimes you can’t even move an inch and you need someone to help you survive those things.”
Malema said in the past two weeks someone in the ANC had claimed to have been offered R1 million to kill him. – SAPA
ANTWOORD VAN MINISTER:
QUESTION NO 2075
DATE OF PUBLICATION IN INTERNAL QUESTION PAPER: 12 AUGUST 2011
(INTERNAL QUESTION PAPER NO 23- 2011)
Date reply submitted: 06 September 2011
2075. Mr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Police:
(1) Whether the SA Police Service (SAPS) has received any complaints from a certain person (name furnished) or his representatives regarding bomb threats received at his property; if so, in each case, (a) when, (b) where was the complaint lodged, (c) who lodged the complaint and (d) in respect of which property were the bomb threats made;
(2) whether the SAPS has conducted any investigation in respect of each threat; if not, why not; if so,
(3) whether the SAPS has found any bombs, explosive devices or explosives; if so, what type of bomb, device or explosives were found in each case;
(4) whether he will make a statement on the matter?
NW2346E
REPLY:
(1) The Provincial Commissioner of SAPS in Gauteng and Limpopo provinces, where Julius Malema is known to have property verified their records. No complaints of bomb threats were received from Mr Julius Malema or his representative by the SAPS in these two (2) provinces.
(a) Not applicable
(b) No complaints were received/lodged
(c) Not applicable
(d) Not applicable
(2) No investigations were conducted by SAPS as no complaints regarding bomb threats were received/lodged.
(3) Not applicable.
(4) No.
Reply to question 2075 approved by the Minister.


