Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Parke-afdeling in Kemptonpark wanfunksioneel

Die wanfunksionering van die Ekurhuleni-metro se parke-afdeling in Kempton park veroorsaak dat personeel nie hul werk na behore kan doen nie.

Die parke-afdeling in Planestraat in Kemptonpark-Noord is getaak om die gebied se openbare ruimtes te versorg, maar die kantore het geen internetverbinding of werkende fone nie. Talle voertuie is ongelisensieerd en die grypsaag-vragmotor is buite werking.

Intussen gaan openbare ruimtes vinnig agteruit en inwoners vrees dat misdadige aktiwiteite in die begroeide ruimtes sal posvat. 

Die situasie dui op ʼn totale afwesigheid van leierskap in die ANC-beheerde Ekurhuleni.

Die VF Plus sal die wanbestuur nie duld nie en sal met die volgende raadsvergadering aan die burgemeesterskomiteelid vir omgewingshulpbronne en afvalbestuur, mnr. Leshaka Manamela, vrae in dié verband rig.

Hy sal ook versoek word om dringend in te gryp om die afdeling weer funksioneel te maak.

Openbare ruimtes, soos parke, is spesiaal geskep om inwoners die geleentheid te gee om die natuur te geniet en te waardeer.

Die getroue belastingbetalers van Kemptonpark verdien beter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.