Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis optrede ná misbruik van Nketoana-munisipale voertuig

Die VF Plus eis dat die Nketoana-plaaslike munisipaliteit (Arlington, Lindley, Petrus Steyn, Reitz) dissiplinêre stappe neem teen ʼn munisipale amptenaar wat glo onder die invloed van alkohol teen ʼn hoë spoed met ʼn munisipale voertuig in ʼn ongeluk betrokke was. 

Die munisipale voertuig is erg beskadig nadat die amptenaar in ʼn droë spruit buite Petrus Steyn beland het terwyl hy op bystanddiens was.

Inligting dui daarop dat die polisie ‘n saak van dronk- en nalatige bestuur ondersoek. 

Mamiki Nakedi, burgemeester van Nketoana, het aan die VF Plus bevestig dat sy oor die afgelope twee jaar herhaaldelik die bewerings oor die drankmisbruik aan die hoof van die elektriese departement, mnr. William Koalepe, en die munisipale bestuurder, mnr. Solomon Nhlapo, oorgedra het.

Ten spyte hiervan het die munisipaliteit nagelaat om op te tree. 

Dit is absoluut onaanvaarbaar dat gevolgebestuur in die munisipaliteit nog altyd ontbreek het. 

Die munisipaliteit sal ook moet verduidelik wie vir die herstel van die voertuig verantwoordelik gehou gaan word. Dié voertuig word gebruik vir die herstel van kritieke dienste en kan nie onbepaald in onbruik staan nie.

Die VF Plus sal in die raad aandring op ʼn verslag oor die gebeure en dat daar opgetree word teen diegene wat die waarskuwings geïgnoreer het. 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.