Die Ouditeur-Generaal se saamgestelde verslag van oudituitkomste van die land se munisipaliteite vir die 2015/2016 finansiële jaar lees soos een groot aanklag van wanbestuur en onvermoë teen die ANC-regering, het Michal Groenewald, VF Plus leier in die Noordwes, na die vrystelling van die verslag gesê.
Daarvolgens het geen munisipaliteite of munisipale entiteite in Noordwes ‘n skoon oudit ontvang nie en het die algehele oudituitkomste vir munisipaliteite in Noordwes verswak.
Dit is ‘n aanduiding van ‘n tekort aan verantwoordbaarheid deur munisipale bestuur. Die trae reaksie en optrede deur politieke leierskap om hierdie probleme aan te spreek is ook onderliggende oorsake van die volgehoue en verswakte oudituitkomste, lui die verslag.
“Onreëlmatige en ongemagtigde uitgawes bedra R2.5 miljard en R2 miljard onderskeidelik en water- en elektrisiteitsverliese bedra R295.3 miljoen en R542.3 miljoen vir die tydperk van slegs een jaar.
“Dit is maar enkele bewyse van vele dat die ANC-regering se wanbestuur, onvermoë, kaderontplooiing, nepotisme en korrupsie daartoe gelei het dat die Noordwes nou in ‘n krisis op munisipale vlak gedompel is,” het Groenewald gesê.
Kontakbesonderhede: 079 409 8342