Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus lê klag teen SAMWU en Thabang Tseoua

Die VF Plus het vandag ‘n klag van opsetlike saakbeskadiging teen die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (SAMWU) sowel as sy provinsiale sekretaris, Thabang Tseoua aanhangig gemaak, het Devar Smit, VF Plus-raadslid in die metro by die Parkweg-polisiestasie gesê.

Smit het die klag gelê na stakende werkers gisteraand die Bloemfonteinse stadsaal aan die brand gesteek het en verskeie ander munisipale en privaateiendom beskadig is.

Die VF Plus het SAMWU vroeër by monde van raadslid dr. Elizabeth Snyman-van Deventer gemaan om sy lede in toom te hou nadat stakers ook onder andere elektrisiteitsdrade in woonbuurte soos Botshabelo en Dan Pienaar geknip het.

Tseoua het op die aanmaning gereageer deur enige bewerings van geweld deur SAMWU-lede ten sterkste te ontken en aan die Bloemfontein Courant gesê: “Die VF Plus suig hierdie aantygings uit sy duim en moet enige wandade deur ons lede kom bewys. As dit so is, moet hulle dit aan die polisie rapporteer en die skuldige werkers moet gedissiplineer word”.

“Dit is dan presies wat ons vandag gedoen het. Dit was mnr. Tseoua en sy organisasie se plig om hul lede gedurende hierdie uitgerekte staking in toom te hou en hulle is aandadig aan die verwoesting van ‘n besonderse erfenisbate en ander eiendom en moet strafregtelik aangekla word,” het Smit gesê.

Kontakbesonderhede: 084 206 3375 / 082 305 1540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.