fbpx
Vryheidsfront Plus

Chaos in Emfuleni is burgemeester se skuld

Die voortdurende geweld in Emfuleni kan suiwer voor die deur van die burgemeester, Simon Mofokeng, gelê word – deels omdat hy diensleweringprobleme nie aanspreek, oproeriges nie beheer nie en terselfdertyd die veiligheid van inwoners in gevaar stel,” sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni, nadat geweld verder uitgebrei het en padgebruikers gewaarsku is om net sekere roetes te gebruik.

“Woedende inwoners het reeds aan die begin van Junie begin om geboue in Boipatong te vandaliseer. Hekke is afgeruk, geboue aan die brand gesteek, kantore is oopgebreek en voertuie is beskadig. Alles omdat inwoners teen die installering van slimmeters gekant is. Elektrisiteitsverbruik is daarna afgeskakel. Daar is besluit op slimmeters omdat slegs 18 persent van Emfuleni vir dienste betaal.

“Na drie weke sonder elektrisiteit het die spanning intussen ‘n klimaks bereik en geweld het oorgespoel na hoofpaaie en munisipale kantore.

“Betogers het vandag begin om paaie met klippe te versper en munisipale personeel moes hul kantore ontruim. Polisieversterkings is ingeroep om geboue te beskerm.

“Die situasie is ook op Jeugdag (16 Junie) vererger toe die EFF-leier, Julius Malema, sy ondersteuners opgesweep het om die ‘spies’ op te neem en te veg – net soos jeugdiges 41 jaar gelede in Boipatong. Malema het ook na burgemeester Mofokeng gekap en verwys na die R1,7 miljoen wat die raad aan braaihoender en hamburgers by KFC en Nando’s spandeer het.

“Die VF Plus glo burgemeester Mofokeng moet dadelik bedank want dit is duidelik dat hy nie die situasie kan beheer nie. Die protesaksie kan oorspoel na die 20 ander informele woongebiede wat miljoene se skade kan beteken.

“Ernstige optrede is nodig om die oproerige gemeenskap te kalmeer en ander inwoners se veiligheid te verseker,” het Senekal gesê.

Tel: 076 616 2124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.