fbpx
Vryheidsfront Plus

Openbare verhore oor NGV in Noordwes ʼn klug

Die openbare verhore gister in Rustenburg en Potchefstroom oor die ANC-regering se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), het gou in blote ANC-propagandasessies ontaard.

Benewens die feit dat dit swak georganiseerd was en ure laat begin het, was die voorleggings deur regeringsverteenwoordigers deurspek van wanvoorstellings, misleidende aannames en onuitvoerbare politieke beloftes.

Geen poging is aangewend om die publiek in detail in te lig rondom die inhoud van die voorgestelde wetgewing, die finansiële implikasies vir die land, of die operasionele herstrukturering van die gesondheidstelsel nie.

Geen melding is ook gemaak van die feit dat bestaande provinsiale magte oor gesondheidsorg in die voorgestelde nuwe bestel gesentraliseer sal word nie. Dit sluit alle verkrygings van dienste en toerusting in.

Daar is in stede gefokus op oppervlakkige ANC-slagspreuke soos, “gratis medies vir almal”.

Die feit dat ʼn groot aantal gesondheidswerkers in diens van die staat toegelaat is om entoesiastiese voorleggings tot steun van die NGV te doen, is ook uiters kommerwekkend. Dit het bloot bevestig dat hierdie sogenaamde “openbare deelnameproses” ʼn blote klug is om die publiek te mislei tot steun van ʼn onuitvoerbare stelsel.

Dit is ʼn skande dat die ANC-regering staatsamptenare blatant misbruik om sy sosialistiese beleide te propageer.

Dit was hieruit duidelik dat die ANC en sy kohorte misbruik maak van die groter publiek se onkunde rondom die wetgewing om sy eie belange te bevorder.

Die VF Plus-afvaardigings het in hul onderskeie voorleggings onder meer die onbekostigbaarheid van die voorgestelde NGV uitgelig. Klem is ook gelê op die waarskynlike ongrondwetlikheid van die NGV en die vae omskrywings van verskeie aspekte in die konsepwet wat enige pogings om die stelsel te implementeer, by voorbaat sal kelder.

Die proseduriële gebreke in die openbare deelnameproses is verder belig deurdat daar tydens die sessies geen voorsiening vir formele teenstemme gemaak is nie. Só word die indruk dan in samevatting geskep dat die NGV eenparig deur die vergaderings gesteun is, ten spyte van substantiewe voorleggings tot die teendeel.

Die VF Plus sal bly stry teen ʼn ANC-beleid wat nie prakties uitvoerbaar is nie en bloot sal meebring dat Noordwes en die hele land oor ʼn finansiële afgrond gestoot word.

Noordwes verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.