fbpx
Vryheidsfront Plus

Kimberley: Baie water, maar min om te drink

Kimberliete sal aanklank vind by “The Rime of the Ancient Mariner” waar Samuel Coleridge se desperate seevaarder sê oral om hom is water, maar nie ‘n druppel is drinkbaar nie.

In Kimberley se geval vloei die Vaalrivier noord en wes van die stad en die Rietrivier suid daarvan. Nogtans word voortdurende watertekorte in die stad ervaar.

Die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier en Ritchie) het gister met die bekendstelling van ʼn ingenieursverslag erken dat die watersuiweringswerke wat water uit die Vaalrivier by Riverton suiwer, nie meer kan byhou nie.

Dié aanleg is reeds rondom 1960 gebou om drinkwater te verskaf.

Kimberley is ʼn snelgroeiende stad. Die nuwe Sol Plaatje Universiteit lei tot ʼn verdere verdigting in die stad se sentrale sakekern.

Daar is wel positiewe vooruitsigte met die bewilliging van R2 miljard om die waterinfrastruktuur op te gradeer.

Deel van die plan is om ʼn ouer, ongebruikte suiweringsaanleg weer in werking te stel. Dit behoort binne 12 maande water te lewer.

Intussen moet inwoners planne beraam om drinkwater op te gaar en te bespaar, nog ʼn voorbeeld waar die burgerlike samelewing self moet intree waar staatsinstellings misluk.

Aanstaande jaar het inwoners die kans om te begin herbou deur die land en provinsie van die ANC te bevry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.