Openbare verhore is op 24 Maart 2017 deur die Noordwes Wetgewer gehou in die 4 distrikte van Noordwes. Die onderwerp was die voorgestelde wetsontwerpe oor Plantverbetering en Planttelers.
Die verhoor in Mafikeng was baie swak georganiseer. Geen amptenaar van die departement van landbou, bosbou en visserye of van Noordwes se departement van plaaslike omgewing en landbou-ontwikkeling was teenwoordig om die wetsontwerpe aan die vergadering te verduidelik en vrae te beantwoord nie.
Van die 4 lede van Noordwes se wetgewer wat teenwoordig was, is verwag om die wetsontwerpe aan die gehoor aan te bied. Die dokumente oor die aangeleentheid is eers by die vergadering aan lede beskikbaar gestel. Geen voorbereiding deur die lede was dus moontlik nie.
Mnr. Schutte is gevra om die aanbieding te doen, maar hy het geweier omdat hy geen voorbereiding daaroor kon doen nie. Die vergadertaal was ook Setswane wat hy nie verstaan nie.
Die voorsitter van die vergadering het probeer om die voorgestelde wette te verduidelik. Die gehoor is daarna toegelaat om vrae te vra, maar dit was gou duidelik dat die vrae net oor dienslewering gegaan het. Die gehoor het nie geweet wat die voorgestelde wette behels nie, en dit wou voorkom of hulle die vergadering bygewoon het vir die gratis eetgoed.
Die relevante belangegroepe soos kwekerye, tuinboukundiges en landbou-organisasies is nie genooi nie. Daar is net uitnodigings na die plaaslike stadsrade gestuur.
Hierdie openbare verhoor is weereens ‘n voorbeeld van wat die ANC doen om wetgewing te stoomroller en terselfdertyd stemme te probeer werf.
Hierdie swak openbare verhoor is met belastinggeld befonds.
Kontaknommers: 076 400 8132 / 079 838 6587