Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onverantwoordelike uitsprake maak deur oop vir grondgrypers in Heidedal

Die ANC se onverantwoordelike uitsprake oor grondonteiening sonder vergoeding en die EFF se radikale aanhitsing daarvan maak die deur oop vir talle grondgryp-kansvatters, soos die wat tans besig is om grond in die Heidedal-woongebied buite Bloemfontein te beset.

Lede van die gemeenskap in Heidedal is glo besig om sedert Woensdag ‘n oop stuk grond in Heidedal te beset weens ongelukkigheid omdat hulle steeds nie huise van die regering ontvang het nie.

Die vraag ontstaan of die regering nie dalk hierdie onverantwoordelike uitsprake doelbewus maak om, veral in informele woongebiede, die gemeenskap te motiveer om die heersende behuisingsprobleem, wat die regering in 25 jaar nie in staat was om op te los nie, self aan te spreek. Sodoende kan onverantwoordelike en onbevoegde politici terugsit terwyl die gemeenskap hul lewens op die spel plaas in misleide pogings om vir hulself ‘n waardige heenkome te skep.

Die besettings gaan met ‘n groot mate van geweld en saakbeskadiging gepaard en besetters stel nie net hul eie lewens in gevaar nie, maar ook die res van die gemeenskap se lewens en welstand.

Hulle doen dit onderhewig aan radikale en populistiese uitsprake deur politici van die ANC en EFF wat op mense se basiese behoeftes teer om goedkoop politieke punte in die aanloop tot die 2019-verkiesing te wen.

Die VF Plus sal die LUR van polisie versoek dat die polisie pro-aktief optree om uitgebreide grondbesettings in die Mangaung-area te voorkom deur gefokusde polisie-intelligensie aan te wend.

Die ANC-regering behoort verantwoordelike leierskap aan die dag te lê. Hulle moet ophou om onverantwoordelike en ondeurdagte uitsprake te maak oor die sinnelose plan om eiendom sonder vergoeding te onteien en eerder daarop fokus om hul grondwetlike plig en hul beloftes soos die van behoorlike behuising teenoor die burgers van Suid-Afrika na te kom.

 

Kontaknommers: 083 743 2042 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.