fbpx
Vryheidsfront Plus

Mafikeng – ANC en Supra saam met betogers skuldig

Onluste weens betogings in Mafikeng waar inwoners die bedanking eis van die Noordwes-premier, Supra Mahumapelo, wys die vlak van skade wat die ANC die provinsie berokken.

Die VF Plus neem kennis van en is bekommerd oor gerugte dat twee persone reeds dood is in 'n tweede dag se botsings tussen die polisie en protesgangers in Mafikeng wat nou lamgelê word deur die ANC se onvermoë om sy binnegevegte binne die party te hou.

Alle inwoners van Mafikeng word nou geterroriseer deur ontevredenheid oor Mahomapelo, met paaie na en van die dorp wat gesluit is en besighede wat hulle deure vir vandag toegemaak het.

Stappe is reeds met die hulp van die polisie geneem om die veiligheid van studente op die NWU se Mafikeng-kampus te verseker waar klasse weens die geweld ook vir vandag afgeskaf is.

Die VF Plus is veral bekommerd dat die geweld na die res van die provinsie kan uitbrei weens die hardnekkigheid van Mahumapelo om nie te bedank as premier nie, en die ANC se gebrek aan politieke leierskap om van hom ontslae te raak.

Suid-Afrika loop die gevaar om ‘n polisiestaat te word met die polisie wat ontevrede inwoners in toom moet hou terwyl korrupte politici op hoë vlak beskerm word.

Mafikeng kan dit nie bekostig dat die ANC se onvermoë om sy leierskap verantwoordelik te hou daartoe lei dat mense in vrees leef en die ekonomie lamgelê word nie.

 

Kontaknommers: 079 885 1135

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.