Die ANC kniehalter weer die finansiële proses in die Mangaung-metroraad waar die raad vandag die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC) se verslag vir die 2016/2017 finansiële jaar moes oorweeg. Die verslag wys sekere kritiese probleemareas met betrekking tot die metro se finansies uit.
Die ANC-geleide raad het gevra dat die MPAC-verslag laat mag dien, ‘n mosie wat nie deur die oppossisieraadslede gesteun is nie, waarna die vergadering met ‘n gewone meerderheid van die ANC-raadslede uitgestel is.
Dit wil voorkom of die ANC poog om die inhoud van verslag van die publiek te weerhou uit vrees dat die verslag moontlik sekere probleemareas en of onreëlmatighede in die munisipaliteit kan uitwys en doen dit deur middel van die blatante verontagsaming van die reëls van die raad.
Indien dit die geval is ontken die ANC egter die funksie van die munisipale openbare rekeningekomitee, wat ‘n wetlike oorsigfunksie het en die mandaat het om aanbevelings te maak waar ongerymdhede geïdentifiseer is.
Kontakbesonderhede: 084 206 3375