fbpx
Vryheidsfront Plus

Burgemeester van Bloemfontein bang vir openbare vergadering oor water

Die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metroraad, Olly Mlamleli, is duidelik bang vir ‘n openbare vergadering met inwoners van Bloemfontein oor waterprobleme in die stad, waarskynlik omdat sy geen antwoorde op hul vrae sal hê nie.

Mlamleli weier om tyd af te staan vir ‘n openbare vergadering, soos deur die VF Plus versoek, om inwoners in te lig oor wat haar en die metro se planne is om die voortslepende waterprobleme in die stad aan te spreek.

Die VF Plus het die versoek aan die burgemeester gerig na die onlangse watertekort in Bloemfontein weens wanbetaling deur die metro aan die waterverskaffer, Bloemwater.

Die wanbetaling spruit uit ‘n dispuut tussen die metro en Bloemwater oor agterstallige skuld.

Die burgemeester het in haar antwoord op die VF Plus se versoek verlede maand aangedui dat sy van mening is dat die bestaande meganismes in die metro om met inwoners te kommunikeer voldoende is.

Mlamleli is vinnig om in die raad haar weergawe van die geskiedenis van grond in Suid-Afrika te gee, maar waar sy haar werk moet doen en verantwoordelikheid moet neem vir die swak dienste in die munisipaliteit, wil dit voorkom of sy nie wil of kan nie.

Haar weiering om deel te wees van ‘n vergadering met inwoners van Bloemfontein, wys dat sy effektiewelik nie antwoorde vir Bloemfontein se waterprobleme het nie.

Mlamleli wil waarskynlik nie eerlik wees deur te erken dat swak instandhouding van infrastruktuur en finansiële wanbestuur onder haar administrasie plaasvind nie.

Mlamleli het hiermee ‘n geleentheid gemis om antwoorde te gee en aan Bloemfonteiners, wat ‘n belangrike bron van inkomste vir die munisipaliteit is, te verduidelik waarom hulle nie dienste kry waarvoor hulle betaal nie.

Net soos blaam op die geskiedenis nie swak munisipale bestuur verbeter nie, gaan Mlameli se wegkruipertjie-benadering met inwoners van Bloemfontein nie haar probleem van toenemende ontevrede inwoners laat verdwyn nie.

 

Kontaknommer: 082 305 1540

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.