Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

OG-verslag verf ʼn donker prentjie vir Mpumalanga-munisipaliteite

Die ouditeur-generaal (OG) se verslag oor munisipaliteite vir die 2021/2022 finansiële jaar, wys dat Mpumalanga se munisipaliteite effektief verder in die grond gedryf word.

Dit is weens swak bestuur, oortredings wat straffeloos gelaat word en onbetaalbare skuld wat ophoop.

Die verslag, wat op 31 Mei uitgereik is, toon dat die provinsie se skuld aan Eskom van R9,51 miljard in 2020/2021 tot R13,46 miljard vermeerder het. Skuld aan waterrade is R1,4 miljard.

Die provinsie se totale balans vir onreëlmatige besteding was R6,55 miljard. Laat betalings aan verskaffers het gelei tot rente van sowat R835 miljoen.

Sommige verskaffers is tot 456 dae laat betaal. Sestien uit die agtien munisipaliteite se skuld is onbetaalbaar.

Vyf plaaslike munisipaliteite – Mbombela, Emalahleni, Lekwa, Govan Mbeki en Thaba Chweu – is onder sulke erge finansiële druk dat daar twyfel geskep is oor of die munisipaliteite sal kan voortbestaan.

Hierdie munisipaliteite bestee geld wat hulle nie het nie, en ‘leen’ dan by die volgende jaar se begroting om die huidige jaar se kostes te dra.

Slegs twee distriksmunisipaliteite, Ehlanzeni en Nkangala, het skoon ouditverslae ontvang.

Verder het die provinsie R245, 37 miljoen aan konsultante bestee aangesien aangestelde amptenare nie self hul werk kan doen nie.

Mpumalanga is die enigste provinsie wat geen inisiatief ingestel het om hierdie afhanklikheid van konsultante te verminder nie.

Die OG se algehele mening oor Mpumalanga is dat daar swak beheer en ’n gebrek aan leierskap in die provinsie is.

Hierdie wanbestuur en agteruitgang van die provinsie sal nie ophou totdat die ANC uit die kussings gelig is nie. Mpumalanga verdien beter as die ANC.

Navrae: 084 652 9164 / 066 376 3329

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.