Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

OG-verslag oor munisipale oudits wys dat ANC-kaderbelange steeds die botoon voer in munisipaliteite

Die ouditeur-generaal (OG), me. Tsakani Maluleke, het vandag in haar verslag oor die stand van munisipale oudits in die parlement weer beklemtoon dat ‘n gebrek aan vaardighede, finansiële dissipline, verantwoordbaarheid en stabiele, etiese leierskap die oorsaak is vir die verval van munisipale dienslewering.

Die gebrek aan finansiële beplanning, swak korporatiewe bestuur en die instel van onrealistiese verhogings in munisipale heffings, lei noodwendig tot kontantvloeiprobleme en die gepaardgaande verval van infrastruktuur.

Die OG het selfs by 27 munisipaliteite ‘n ouditmening weerhou weens die skaal van ongerymdhede en wetsoortredings.

Hierdie gebreke is by uitstek die uitstaande kenmerke van alle ANC-beheerde munisipaliteite landwyd.

Die feit dat die OG jaarliks tot dieselfde gevolgtrekkings kom en dieselfde aanbevelings maak sonder enige noemenswaardige regstellende stappe, bewys dat die ANC-regering nie die politieke wil het om hul kaders op munisipale vlak tot orde te roep nie.

Die greep van korrupsie en wedywering tussen ANC-faksies om toegang tot munisipale belastinggeld te kry, blyk te sterk in die ANC-DNS gewortel te wees om uit te roei.

Terwyl die OG haar parlementêre verslag voorhou en aanbevelings maak, vergader ANC-beheerde munisipale rade in munisipaliteite soos Matlosana in Noordwes vandag om onbefondsde begrotings goed te keur.

Dít terwyl dit hoogs onreëlmatig en teen die bepalings van munisipale wetgewing is.

Sulke blatante arrogansie en onwettige optrede by ANC-beheerde munisipaliteite is die reël eerder as die uitsondering.

Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.