fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel moord op kleinhoewe buite Oranjeville

Die VF Plus veroordeel die wrede moord van mnr. André van Biljon op ‘n kleinhoewe buite Oranjeville in die Vrystaat.

Hoewel moorde in Suid-Afrika volgens die jongste misdaadstatistiek gedurende die eerste drie maande van die jaar afgeneem het, is die wreedheid waarmee moorde en aanvalle, veral in landelike gebiede gepleeg word, skokkend.

Elke moord is een te veel en onnodig.

Dit is duidelik dat misdadigers al hoe meer gewelddadig raak. Die wortels van gewelddadigheid is kompleks en strek tot diep in ʼn samelewing.

Die polisie en die nasionale vervolgingsgesag moet nou voldoende toegerus word om misdadigers in landelike gebiede aan die pen te laat ry.

Die VF Plus spreek hiermee sy opregte medelye uit met die Van Biljon-familie en wens die oorledene se seun, die voormalige Springbok-haker, Lukas Van Biljon, ʼn spoedige herstel toe. Hy is beseer tydens die aanval.

Die VF Plus doen opnuut ʼn ernstige beroep op boere en landelike gemeenskappe om veiligheidsmeganismes in plek te stel, betrokke te raak by bestaande netwerke en om paraat te wees om hul veiligheid te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.