fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus sorg dat bejaardes bo 70 in Emfuleni nie erfbelasting betaal

Die VF Plus het gister tydens ʼn begrotingsvergadering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ʼn belangrike oorwinning vir bejaardes behaal.

‘n Voorstel van die party is goedgekeur dat bejaardes bo 70 vrygestel word van erfbelasting.

ʼn Verdere verligting vir bejaardes ouer as 60 in Vanderbijlpark, Vereeniging en Evaton is dat die maksimum maandelikse inkomste om te kwalifiseer vir belastingverligting, van R10 000 tot R15 000 verhoog is.

Die verhoging is vir die eerste keer in vier jaar aangepas.

Volgens Statistieke SA was daar tydens die 2011-sensus 35 361 bejaardes woonagtig in Emfuleni waarvan ʼn groot persentasie afhanklik is van ʼn staatspensioen of familielede.

Die VF Plus is besorg oor bejaardes wat in hul leeftyd gehelp het om die land te bou en sal altyd in hul belange optree.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.