Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC het “nuwe apartheid” gebring

Die ANC het ná 29 jaar aan bewind nie net daarin geslaag om die land se ekonomie te vernietig nie, maar het ook ’n nuwe vorm van apartheid geskep.

Hierdie ANC-apartheid is ook gegrond op ras. Dit is gedoen deur rasgedrewe beleid soos regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Die VF Plus het teen die agtergrond van die verval ’n onafhanklike ekonomiese regrukplan vir Suid-Afrika laat formuleer deur voorste kundiges soos prof. Jannie Rossouw en mnr. Mike Holland waarin onder meer die afbrekende gevolge van RA en SEB uitgewys word.

Die plan maak dit duidelik dat daar van hierdie skadelike beleid ontslae geraak moet word. Dit moet vervang moet met ’n vryemarkstelsel en ’n beginsel wat geskoei is op die oordrag van vaardigheid. Die verslag verwys daarna as BEST, oftewel Black economic skills transfer.

(Dr. Pieter Groenewald het ’n afskrif van die plan aan president Cyril Ramaphosa oorhandig met die beroep om ernstig daarop ag te slaan.)

Benewens ernstige kwessies soos misdaad, is dit ook belangrik om kennis te neem dat 31 Mei voorheen bekend gestaan het as Republiekdag, die dag waarop die juk van Engelse oorheersing en kolonialisme finaal afgewerp is.

Suid-Afrika se Grondwet maak dit duidelik dat almal wat gehelp het met die opbou van die land, geëer moet word. Hierdie is ’n sprekende voorbeeld daarvan.

Wat misdaad aanbetref, wys die polisie se statistiek oor misdaad vir die laaste kwartaal van 2022/23 dat geweldsmisdaad besig is om fel toe te neem.

Veral moord en kontakmisdaad raak buite beheer en daar word daagliks 76 moorde in die land gepleeg. Moord op vroue het met meer as 20% toegeneem.

Insiggewend is dat 2 324 van die moorde in dié kwartaal voortspruit uit vigilantisme en boendoehof-geregtigheid. Niks illustreer beter dat die gemeenskap sy vertroue in die polisie verloor het nie.

Wat hierby aansluit, is dat die nasionale kommissaris van polisie, genl. Fannie Masemola, na langer as ʼn jaar steeds nie sy hoogs geheime veiligheidsklaring gekry het nie.

Dit beteken hy sou die wet oortree indien hy na geheime dokumente kyk. Die situasie is ongesond en moet reggestel word.

Net so ernstig is die kwessie van water. Sonder krag kan ʼn mens nog oorleef, nie sonder water nie. Die regering mag nie toelaat dat die waterkrisis eskaleer soos met krag gebeur het nie.

Oorsigtelik het Suid-Afrika met rasse skrede agteruitgegaan onder president Ramaphosa. Die rand het verswak met 40%. Werkloosheid is op met 7% en die land het op die internasionale gryslys beland.

Die grootste aanklag is egter dat kinders van tien jaar nie meer met insig kan lees nie. Dit is hoe die toekoms van Suid-Afrika daar uitsien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.