fbpx
Vryheidsfront Plus

Noord-Kaapse provinsiale rede: Verbeeldingryk, maar belangrike punte gemis

Die provinsiale rede van die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, was omvattend en verbeeldingryk alhoewel enkele belangrike punte nie die nodige aandag geniet het nie.

Aan die positiewe kant verwelkom die VF Plus sy klem op die moontlike selfstandigheid van die provinsie deur die benutting van sonkrag en waardetoevoeging tot minerale wat daar gemyn word.

Die diepsee-hawe by Boegoebaai in Namakwaland is 'n opwindende vooruitsig wat die VF Plus jare lank reeds bepleit. Dit kan werklik 'n vermenigvuldigende uitwerking op die provinsiale ekonomie hê indien mynbou, landbou-waardetoevoeging, vervoer en uitvoer alles deur die provinsie kan geskied.

Aan die negatiewe kant het die premier nie die nodige aandag daaraan geskenk dat elkeen van die provinsies se munisipaliteite finansieel in die moeilikheid is nie. Indien hierdie grondliggende probleem nie opgelos word nie, kan sy visie vir die provinsie nie ‘n werklikheid word nie.

Die breedvoerige infrastruktuur-vervanging wat hy vir Kimberley in die vooruitsig stel, kan die stad se dralende diensleweringsprobleme help oplos. Ongelukkig moet dit in werking gestel word deur die Sol Plaatje-raad waar die ANC se faksiegevegte tot dusver uitvoering gefnuik het. Deurslaggewende leierskap sal van dr. Saul self moet kom.

Aangesien die Noord-Kaap 'n sentrale plek in die VF Plus se toekomsplanne het, wil die party graag sien dat die provinsie suksesvol en selfstandig moet wees. Indien hierdie provinsiale rede tot aksie omgeskakel word, sal dit daartoe bydra.

Kontaknommer 082 561 4668

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.