Die VF Plus het gister ‘n strafregtelike klag ingedien teen die waarnemende munisipale bestuurder van Nala plaaslike munisipaliteit, Sandile Busakwe.
Die klagte hou verband met riool wat al etlike jare langs die Wesselsbronrioolaanleg op die dorp in die veld uitgepomp word. Die pomp van die aanleg is glo gesteel en die munisipaliteit het skynbaar besluit om die riool bloot in die veld langsaan uit te pomp in stede daarvan om die pompstasie te herstel.
Die riool wat al vir sowat drie jaar gereeld in die veld uitgepomp word, besoedel nie net die omgewing nie, maar syfer ook deur na die grondwater.
Die klag wat by die Wesselsbronpolisiestasie teen Busakwe ingedien is, is vir die oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurswet en in besonder met betrekking tot die Afvalbestuurswet en die Nasionale Waterwet.
Suid-Afrika is ‘n waterskaars land waar ons huidige waterbronne reeds onder geweldige druk verkeer, hierdie grootskaalse besoedeling van die omgewing en water is onaanvaarbaar en moet ten alle koste verhinder word.
Kontaknommer: 082 770 6201