Minderheidsgroepe kan nie langer stilbly wanneer opposisiepartye hulle aanval, onderdruk en van hul menseregte ontneem nie.
Premier David Makhura se provinsiale rede vroeër vandeesweek het baie min mense beïndruk terwyl hy inklusief op sekere groepe gefokus het en ander doelbewus uitgesluit het.
Die tendens kan nie onveranderd voortduur terwyl minderhede van hul regte ontneem word en korrupsie, wanadministrasie en wetteloosheid aan die orde van die dag is nie.
Die VF Plus het premier Makhura gewaarsku dat minderhede nie langer omgekeerde apartheid sal duld nie en onaktief toekyk hoe die ANC-regering op sy vernietigingveldtog voort stoomroller nie.
Ongeag premier Makhura se verduideliking dat Gauteng nie in 'n mislukte provinsie moet verval nie, is daardie punt reeds bereik. Om die provinsie van totale ondergang te red, verg ongekende deursettingsvermoë, politieke wil en harde werk.
Die VF Plus sal op elke platvorm in die provinsie opstaan teen die afbreek van openbare orde, wanbestuur, armoede, ongelykheid, korrupsie en politieke wanorde.
Kontaknommer: 071 640 7283