fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse debat op provinsiale rede: Premier hamer op dieselfde aambeeld, maar lewer nie bewyse van werk nie

Vrystaat se premier, Sisi Ntombela, se provinsiale rede van 25 Februarie vervat soos vorige jare talle mooi beloftes met min om daarvoor te wys. Sy het klem gelê op projekte wat blote herhalings van vorige provinsiale redes is. Van hierdie projekte staan jaar na jaar oor en min gebeur om dit tot uitvoer te bring.

Die premier het nou ses nuwe skole vir die Vrystaat belowe terwyl daar steeds vyf skole in die huidige  finansiële jaar afgehandel moet word.  Sy spog met agt klinieke wat voltooi sal word, ten spyte van die feit dat dit in die huidige finansiële jaar voltooi moet wees.  Daar is minder as ‘n maand oor om hierdie projekte te voltooi. 

Talle paaie wat herstel sou word, is nou weer op die agenda geplaas. Hierdie paaie word nie herstel nie en plaas geweldige druk op die provinsiale ekonomie en landbousektor.

Die ANC speel vir tyd deur leë beloftes aan inwoners te maak. Intussen kan inwoners hulself nie na die onvoltooide klinieke wend vir hulp nie. Gevolglik word lewensnoodsaaklike medikasie en mediese sorg van inwoners weerhou.

Munisipale infrastruktuur-toelaes van sowat R305 miljoen is reeds in Desember 2019 bestee. Vrystaatse munisipaliteite is egter in ‘n jammerlike toestand en dit is uiters kommerwekkend dat fondse wat vir instandhouding beskikbaar gestel word, nie vir die korrekte doeleindes aangewend word nie.

Die meeste Vrystaatse munisipaliteite ervaar dringende water- en rioolprobleme wat bloot opsy geskuif word sodat salarisrekeninge betaal kan word.

Die politieke wil bestaan duidelik om geweldpleging deur Zama-zama’s te bekamp, maar die uitroepe na landelike beveiliging val op dowe ore. Dit is onaanvaarbaar dat die premier geensins na landelike beveiliging verwys het nie. Die oomblik wanneer die politieke wil gaan ontstaan om landelike gebiede te beveilig, sal daar ‘n drastiese afname in plaasaanvalle- en moorde wees.

Die Vryheidsfront Plus is hier om te werk vir sy kiesers en om toe te sien dat omstandighede vir almal in die provinsie verbeter. Die VF Plus doen ‘n beroep op die regerende party om te luister na sy werkbare oplossings – dit is dalk net die antwoorde wat nodig is om die provinsie van ondergang te red.

Kontaknommer: 084 206 3375

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.