Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

JMPD moet dringend die beweging van swaarvoertuie op Johannesburgse paaie reguleer

Die VF Plus gaan voorstelle vir ‘n geïntegreerde verkeersvloeiplan aan die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) indien nadat sewentien mense beseer is toe ‘n swaarvoertuig vroeër vandeesweek buite beheer geraak het en in agt motors in Doreenweg, Ruimsig (Roodepoort) ingeploeg het.

Hierdie is nie die eerste keer wat ‘n swaarvoertuig beheer teen die skerp afdraande in Doreenweg verloor en mense ernstig beseer word nie.

Christiaan de Wetrylaan, wat daagliks groot volumes verkeer dra, is ook ‘n probleem wat aangespreek moet word. Twee weke gelede is die besige pad vir ure gesluit nadat ‘n swaarvoertuig-bestuurder beheer verloor en die vragmotor sy vrag verloor het.

‘n Paar jaar gelede is tien mense dood nadat ‘n swaarvoertuig wat steenkool vervoer het, in ‘n ongeluk op William Nicolweg betrokke was.

Swaarvoertuig-ongelukke op hoofroetes in Johannesburg is aan die toeneem en dit is die plig van die Johannesburgse metropolisie om ‘n verkeersvloeiplan te implementeer om ‘n meer veilige omgewing vir voertuie en vragmotors te skep en sodoende ongelukke en lewensverlies te voorkom.

Kontaknommer: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.