Die VF Plus het gister die Gautengse premier, David Makhura, gevra om standpunt in te neem oor die kwessie van onteiening sonder vergoeding in dié provinsie.
Die party het dit duidelik gestel dat Suid-Afrika ‘n scenario van ‘n mislukte staat in die gesig staar weens die swak regering van die ANC oor die afgelope 25 jaar.
Teen dié agtergrond kan daar eenvoudig nie gesien word hoe die premier se aksieplan om Gauteng ‘n suksesvolle provinsie te maak, kan werk nie. Wat egter die grootste gevaar inhou vir enige vooruitgang, is die dreigende uitwerking van onteiening sonder vergoeding.
Die VF Plus het aan premier Makhura gevra of hy oor die onteiening sonder vergoeding-kwessie ook teen die nasionale ANC-regering standpunt sal inneem soos hy met e-tol gedoen het.
Makhura het die vraag ontwykend geantwoord deur te sê dat grondhervorming nodig is, maar het nie verder daaroor uitgewy nie.
Die VF Plus sal voortgaan om die gevare van die ANC se beleid uit te wys en sal ‘n aggressiewe rol in die provinsie speel om eiendomsreg te beskerm.
Kontaknommer: 082 391 3117


