Die VF Plus in die Noord-Kaap het in die afgelope begrotingsdebatte ernstige kommer uitgespreek dat, ten spyte van tegnies volledige en entoesiastiese aanbiedings, die begroting steeds gebrekkig is.
Die nodige dringendheid en aanspreeklikheid om voortgaande ineenstorting van dienslewering in sleuteldepartemente te voorkom, ontbreek.
Wat gesondheid aanbetref, is daar ernstige onderprestasie van hospitale en landelike klinieke, personeeltekorte en stygende mediese regseise – ten spyte van noemenswaardige toewysings.
Dat geriewe soos by Kuruman en Kakamas verval, is onaanvaarbaar.
Die departement van maatskaplike ontwikkeling se entoesiasme word erken, maar tasbare impak op gemeenskappe is steeds afwesig. In baie landelike gebiede word mense aan hul lot oorgelaat, met min of geen ontwikkelingsinisiatiewe nie buiten maatskaplike toelaes.
Al kondig tesourie en die uitvoerende gesag gereeld omkeerstrategieΓ« vir munisipaliteite aan, is daar steeds voortdurende mislukkings soos Phokwane en Renosterberg. Hulle tel onder die nege munisipaliteite wat amptelik in finansiΓ«le nood is weens wanbestuur.
Dit ondermyn die lewering van noodsaaklike dienste soos water, sanitasie en veiligheid.
Die departemente van vervoer en ekonomiese ontwikkeling slaag nie daarin om werklike groei of verbetering van infrastruktuur teweeg te bring nie.
Die swak toestand van paaie, veral in landelike gebiede, kniehalter nie net boerderybedrywighede nie, maar ook toerisme. Toerisme bly ‘n slapende reus wat werkskepping en ekonomiese groei dramaties kan verhoog.
Die VF Plus dring aan op prestasie-gegronde begrotings, βn forensiese oudit op munisipaliteite in finansiΓ«le nood en wanpresterende entiteite, asook ‘n moratorium op swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in sleutelposte.
Verbetering in infrastruktuur en dienslewering sal slegs teweeg gebring word deur gekwalifiseerde en bevoegde aanstellings.
Alhoewel die VF Plus die Noord-Kaap se begroting in sy geheel steun, kan begrotings vir departemente soos gesondheid en plaaslike regering (Coghsta – samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake) nie gesteun word nie.
Die mense van die Noord-Kaap verdien meer as beloftes en begrotingspraatjies β hulle verdien sigbare verbetering. Daarsonder bly hierdie begroting nΓ³g βn vermorste geleentheid om die verval daadwerklik te stuit.


