Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

NMBM se motorbegraafplaas dui op swak bestuur

Die VF Plus is ernstig bekommerd oor die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) se vlootbestuur.

Die metro beskik volgens sy departement van paaie en vervoer se vlootafdeling oor sowat 2 000 voertuie, maar het geen akkurate bateregister om die presiese aantal voertuie te bevestig nie.

Voertuie wat ingaan vir geringe herstelwerk beland maklik in die “munisipale motorbegraafplaas” weens ʼn gebrek aan leierskap en die stroop van onderdele.

Die VF Plus het met oorsigbesoeke aan die metro se voertuigdepots in Munelek en Uitenhage voertuie ter waarde van miljoene rande gevind wat staan en roes.

Dienslewering ly terwyl voertuie met geringe probleme soos pap bande vir jare in onbruik staan. Hierdie situasie is die direkte uitvloeisel van kaderontplooiing en swak bestuur.

Die VF Plus dring daarop aan dat ondervinding en bekwaamheid voorkeur geniet bo politieke aanstellings en ideologiese programme.

Dit is noodsaaklik dat bekwame professionele persone en ervare werktuigkundiges aangestel word om hierdie departement reg te ruk.

ʼn Volledige voorraadassessering moet gedoen word om te bepaal oor presies hoeveel voertuie die metro beskik, diensbare voertuie te herstel en terug te plaas in sirkulasie en onherstelbare voertuie te skrap en op ʼn veiling te verkoop.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.