fbpx
Vryheidsfront Plus

Nketoana: Na vyf jaar geen teken van nuwe vulliswerf waarvoor miljoene begroot is nie

Meer as vyf jaar nadat die Nketoana-plaaslike munisipaliteit (Arlington, Lindley, Petrus Steyn, Reitz) ‘n resolusie geneem het om die vullisterrein op Lindley weens gesondheidsrisiko’s na ‘n ander gebied te skuif, is dit steeds nie gedoen nie.

Sowat R13 miljoen is in 2015 vir dié verskuiwing begroot, maar die geld is duidelik nie op dié projek bestee nie. Inwoners ontvang vandag nog nie gehalte vullisverwyderingsdienste in Lindley nie.

Die bestaande vullisterrein voldoen nie aan wetlike vereistes nie. Die munisipaliteit tree onwettig op deur nie toe te sien dat die vullisterrein verskuif word nie, aangesien ‘n vullisterrein ten minste 500m vanaf ‘n dorpsgebied moet wees.

Die VF Plus het ‘n strafregtelike klag teen die waarnemende munisipale bestuurder, Kido Nhlapo, ingevolge die Afvalbestuurswet gelê. Bykomend hiertoe is die munisipaliteit ook aangekla dat hy toelaat dat rou riool in die Valsrivier beland.

Na die VF Plus se besoek aan die munisipaliteit, het dit duidelik geword dat die munisipaliteit se onvermoë om sy riooldienste- en infrastruktuur in stand te hou, direk verband hou met die uiteindelike besoedeling van die Vaalrivier.

Hoewel die probleme veral ontstaan het weens swak munisipale bestuur onder die vorige munisipale bestuurder, kan die waarnemende munisipale bestuurder nie bekostig om verder voete hieroor te sleep nie.

Die VF Plus sal aanhou om die munisipaliteit verantwoordbaar te hou en te veg vir die gehalte diens wat inwoners verdien.

 

Navrae: 076 629 6219

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.