fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa-uitsprake oor rassisme: Daar is ‘n grondwetlike plig op die president om nasiebou te bevorder

Daar is ‘n grondwetlike plig op die president van Suid-Afrika om nasiebou te bevorder, en dit is daarom onaanvaarbaar dat die uitlatings van pres. Cyril Ramaphosa tydens die afskop van die ANC se veldtog teen rassisme, eerder onnodige wrywing kan veroorsaak.

Wanneer ‘n president van ‘n land ‘n ophef maak van net sekere uitsonderlike voorvalle, soos die dood van George Floyd in Amerika, maar oor ander gruweldade soos plaasmoorde swyg, dan sal hy nasiebou nie bevorder nie.

Die dood plaaslik van Collins Khosa in April vanjaar nadat hy aangerand is deur lede van die weermag en metro-polisie, is ‘n verdere voorbeeld hiervan.

Dit is bekend hoe president Ramaphosa in antwoord op ‘n twiet van pres. Donald Trump van Amerika lank moorde op wit boere in Suid-Afrika ontken het en eers toegegee het dit vind plaas nadat die VF Plus in November 2018 groot druk in die parlement tydens vraetyd op hom geplaas het.

In enige samelewing is daar altyd ekstremiste onder alle bevolkingsgroepe en dit is juis die verantwoordelikheid van politieke leiers en veral van ‘n president om daarteen te waak om enkele gevalle nie te veralgemeen as die denke van alle mense nie van ‘n sekere bevolkingsgroep nie.

In ‘n land soos Suid-Afrika met sy diverse bevolkingsamestelling moet die president alle vorme van rassisme, van swart en van wit, veroordeel. Alle mense se lewe is belangrik. Dit is die grondwetlike en morele plig van ‘n president om dit te erken en te bevorder.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.