Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nkabane weg by hoër onderwys: Verantwoordbaarheid of bloot sywaartse skuif?

In twee opspraakwekkende verklarings het die presidensie aangekondig dat mnr. Buti Manamela van adjunkminister van hoër onderwys na minister bevorder is; en dat me Nobuhle Nkabane Suid-Afrika bedank vir die geleentheid wat sy gehad het om in dié amp te dien.

Waarheen die ANC haar gaan ontplooi – en of sy afgedank is of moes bedank – is nog nie duidelik nie.

Nkabane se posisie het onhoudbaar geword nadat dit geblyk het dat sy in ‘n portefeuljekomitee onwaarhede aan die parlement opgedis het.

Dit staan in verband met aanstellings van Seta-raadslede.

Hierdie departement is een van die probleemkinders van Suid-Afrika, met die Seta’s en NSFAS, die finansieringshulpskema vir studente, wat voortdurend met korporatiewe regering vasval.

Nkabane se verwydering as minister is belangrik met die oog op die komende week se stemming oor elke begrotingspos.

Manamela behoort ‘n goeie idee te hê van wat op hom wag, aangesien hy reeds sedert 2019 adjunkminister was. Die VF Plus wil hom, saam met sy nuwe adjunkminister, dr. Nomusa Dube-Ncube, sterkte met hul werk toewens.

In hierdie stadium is die tergende vraag egter of Nkabane in ‘n ander pos in die regering opgevang gaan word. Indien wel, maak dit ‘n bespotting van verantwoordbaarheid.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.