Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emalahleni: Swak kommunikasie met inwoners oor water lei tot protesaksie

Die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank) se swak kommunikasie oor ʼn wateronderbreking het die afgelope naweek tot ʼn protesaksie gelei wat later gewelddadig geraak het.

Highveld park, Die Heuwel, Blanchville, Riverview, Clearwater en Jackaroo park is nou al vir twee weke sonder water.

Die munisipaliteit het watertoevoer tydelik gestaak om onder meer lekkasies in die watertoevoerstelsel te herstel.

Inwoners meen die munisipaliteit het hulle nie genoeg tyd gegun om voor te berei vir die situasie nie.

Die party het reeds op 18 Julie ’n dringende skrywe gerig aan die munisipale bestuurder, mnr. Humphrey Sizwe Mayisela, asook die speaker, me. MN Shabangu, om die tydelike sluiting van die waterbehandelingsaanleg eers te staak om met die gemeenskap te kommunikeer aangaande die watertekorte wat die herstelwerk inhou.

Die VF Plus het ook gewaarsku dat die watertekort kan aanleiding gee tot protesoptrede.

Emalahleni het die skrywe geïgnoreer en die gemeenskap se woede en frustrasie het oorgespoel tot ʼn protesaksie.

Die VF Plus doen ’n hernieude beroep op die munisipale bestuur om daadwerklik op te tree en in gesprek te tree met gemeenskapsverteenwoordigers.

Die munisipaliteit het eers gister (21 Julie) aangekondig dat daar nou ook watertrokke na die geraakte woongebiede ontplooi word.

Die VF Plus sal aanhou veg vir die inwoners van Emalahleni se reg tot basiese dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.