fbpx
Vryheidsfront Plus

Nee vir Gauteng se ondersteuning van kopiereg- en voordraers-wetsontwerpe

Die VF Plus is gekant teen die Gauteng-wetgewer se ondersteuning van kopiereg- en voordraers-wetsontwerpe en gaan ‘n minderheidsverslag hieroor by die wetgewer indien.

Dit sal die irrasionaliteit en vernietigende uitwerking van die wetsontwerpe uitlig. Dit sal ook van hulp wees in toekomstige litigasie teen die voorgenome wetgewing.

Die wetgewer se ekonomiese ontwikkelingkomitee steun die wetsontwerpe.

Die vreemde regsbeginsel van “Fair Use” in die kopiereg-wetsontwerp is die kern van die probleem. Dié beginsel bestaan nie in die Suid-Afrikaanse reg nie en sal gebruik word om kopiereg te verskraal.

Derde partye sal die oorspronklike werk kan gebruik sonder om daarvoor te betaal. Dit kom neer op ‘n vorm van onteiening sonder vergoeding en kan die media- en verwante bedrywe vernietig.

Talle oorsese beleggers in die plaaslike film-, televisie-, publikasie- en uitgewers- en inligting-tegnologiebedryf het in reaksie aangedui dat hulle aan die land sal onttrek of minstens geen verdere beleggings sal maak nie.

Dit is onaanvaarbaar dat die departement van handel, nywerheid en kompetisie, wat die wetgewing geskryf het, geen behoorlike ekonomiese impakstudie gedoen het nie.

Dit enigste studie het gefokus op die effek van die wetsontwerpe op die staat.

Hierdie gebrekkige impakstudie het nooit voor die kabinet gedien toe die wetsontwerpe in 2016 vir goedkeuring ingedien is nie.

Dit beteken dat die ANC die gevaarlike wetsontwerpe deurstoomroller sonder om die vernietigende effek daarvan in ag te neem.

Saam met talle ander sinnelose wette, beleid en wanbestuur wat groot skade aan die ekonomie veroorsaak, kan hierdie wetsontwerpe groot verdere skade aanrig.

Een troos is dat die komitee die VF Plus se waarskuwing ernstig opneem en aanbeveel het dat die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) ‘n ekonomiese impakstudie doen.

Die VF Plus hou egter nie asem op dat dit wel sal gebeur nie aangesien ‘n onbevange studie verseker die irrasionele aard van die wetsontwerpe sal bevestig en ‘n einde daaraan kan bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.