fbpx
Vryheidsfront Plus

Gauteng beloof weer ʼn kritiese oorbrug en wil kritiese paaie herstel

Bouwerk aan die langverwagte Pinehaven-kruising in Gauteng gaan volgens Gauteng se departement van vervoer en logistiek in die volgende finansiële jaar begin.

Die VF Plus hoop hierdie is nie weer ʼn leë belofte van die departement nie.

Daar is reeds 14 jaar gelede ʼn oorbrug belowe weens die hoë ongeluksyfer by die N14-kruising wat as verbindingsroete tussen Johannesburg, Pretoria, Rustenburg en Krugersdorp dien.

Die VF Plus het gedurende die vergadering vrae aan die departement gerig en gewaarsku dat indien die departement voortgaan om voete te sleep, hy strafregterlik aanspreeklik gehou sal word vir ongelukke en lewensverlies.

Die party het ook verwys na die onbegaanbare R500 tussen Carletonville en die N14 waar motors langs dié provinsiale pad moet ry.

Die pad is besaai met slaggate en ʼn kontrakteur het in Maart groot dele van die padoppervlak verwyder en na ʼn maand die werk onvoltooid gelaat. ʼn Nuwe kontrakteur is intussen aangestel.

Die VF Plus het ook na die swak toestand van die N14 verwys en die provinsie versoek om dadelik hieraan aandag te gee. ʼn Pas aangestelde kontrakteur sal binne twee maande met padwerk begin, aldus die departement.

Die party het ook sy kommer uitgespreek oor paaie wat herteer is waar nagelaat is om padtekens aan te bring soos die verbindingsroete tussen Krugersdorp en Tarlton.

Die departement het ook onderneem om aandag aan erosie langs provinsiale- en munisipale paaie te skenk.

Die VF Plus sal gereeld oorsigbesoeke bring om vas te stel of kontrakteurs hul werk doen.

Mense se lewe is in gevaar en daarom sal die party druk op die departement uitoefen om te sorg dat paaie in Gauteng onderhou en herstel word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.