fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag in by Groen Skerpioene oor voortslepende rioolstorting by Pinehaven-landgoed

Die VF Plus het die Groen Skerpioene gevra om die voortslepende rioolstorting by die Pinehaven-landgoed net buite Krugersdorp te ondersoek.

Die rioolstorting het verlede jaar by dié landgoed begin weens ʼn stukkende rioolpomp. Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit het nog niks daaraan gedoen nie.

Die VF Plus het die rioolprobleem etlike keer by die munisipaliteit se departement van water en sanitasie aangemeld.

Intussen vloei riool in mense se erwe, oor grasperke en in die strate waar dit afvloei in ʼn sementvoor na die Muldersdriftloop, die Kliprivier, Krokodilrivier en uiteindelik na die Hartbeespoortdam.

Die Pinehaven-landgoed bestaan uit ʼn paar woonkomplekse binne die landgoed wat almal deur die rioolprobleem benadeel word.

Om sake te vererger, beplan die munisipaliteit twee komplekse langs die Pinehaven-landgoed wat almal aan dieselfde rioolpompstasie gekoppel gaan word.

Mogale City het 17 rioolpompstasies waarvan 13 buite werking is.

Die VF Plus sal saam met die Groen Skerpioene werk om die rioolstorting te ondersoek en die munisipaliteit te dwing om geld te bewillig en die pompe te vervang of te herstel.


Navrae: 072 317 2832

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.