fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisiehuis in Hartswater nou dwelmhuis

Die VF Plus het vasgestel dat ʼn verlate en bouvallige huis in Hartswater ʼn ou polisiehuis is wat nou as dwelmhuis gebruik word.

Dié huis, wat aan die departement van openbare werke behoort maar in die sorg van die polisie is, is só vervalle dat dit eiendomswaardes in die omgewing benadeel en mense se veiligheid bedreig.

Voetgangers word geïntimideer en daar word na bewering ook gesteelde goedere versteek.

Die VF Plus het na talle klagtes van inwoners ʼn griefskrif saamgestel en tydens ʼn vergadering tussen die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en die polisie, dit aan die polisie oorhandig.

In die griefskrif word daarop aangedring dat die polisie onmiddellik moet intree om die dwelm- en misdaadnes skoon te maak en om maatreëls in te stel om te voorkom dat dit weer vir onwettige doeleindes gebruik word.

Dit blyk ook intussen dat die Phokwane-plaaslike munisipaliteit, wat verantwoordelik is vir Hartswater, nog nie ʼn plaaslike dwelmaksiekomitee in die lewe geroep het soos wetgewing bepaal nie.

Dié komitee moet die uitvoering gee aan die nasionale dwelmmeesterplan om dwelmmisbruik te bekamp.

Die VF Plus het in ʼn skrywe aan Phokwane se burgemeester, Thebogo Afrika, optrede geëis ten opsigte van die dwelmhuis en om dringend ʼn dwelmaksiekomitee saam te stel.

Die party sal voortgaan om te veg vir inwoners se reg om in veilige omgewing te leef en werk.

Hartswater verdien beter as ʼn ANC-beheerde raad wat sy oe sluit vir probleme in die gemeenskap.


Navrae: 072 938 8588

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.