fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus dring aan op doeltreffende teen-misdaadstrategie in Matlosana om kritieke infrastruktuur te beskerm

Die VF Plus het ʼn dringende vergadering met die burgemeester van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit, James Tsolela, aangevra om die party se voorstelle oor die doeltreffende beskerming van kritieke infrastruktuur teen misdadige elemente te bespreek.

Munisipale dienslewering in groot gedeeltes van die munisipale gebied word toenemend ontwrig deur onder meer kabeldiefstal en die stroping van koper- en staalkomponente van die waterinfrastruktuur.

Stroperbendes plunder die plaaslike vervoermuseum deesdae ook helder oordag en dra stuk vir stuk van die inhoud weg.

Selfs historiese stoom-lokomotiewe word opgesaag en weggedra sonder enige optrede deur die ANC-geleide owerhede. Dit is ʼn absolute skande.

Daar was ʼn merkbare toename in hierdie soort misdaad oor die afgelope jaar.

Dienslewering in die ANC-beheerde munisipaliteit word verder gekortwiek deur gebrekkige begrotingsbeplanning.

Dit lei tot geldtekorte in die munisipale departemente verantwoordelik vir die instandhouding van infrastruktuur.

Die VF Plus sal daarop aandring dat die munisipaliteit ʼn behoorlik befondsde teen-misdaadstrategie vir die beskerming en behoud van kritieke infrastruktuur prioritiseer.

Die inwoners van Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein is geregtig op ʼn plaaslike regering wat verantwoordelik optree en alle gemeenskapsbates doeltreffend beskerm.

Matlosana verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.