Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kampersrus: VF Plus se betrokkenheid werp vrugte af

Die inwoners van Kampersrus pluk nou die vrugte van die VF Plus se volgehoue betrokkenheid by dié gemeenskap.

Tydens ’n gemeenskapsvergadering op 3 Mei het inwoners ’n geleentheid gehad om diensleweringsprobleme soos watertekorte onder die aandag van die Maruleng-plaaslike munisipaliteit en die Mopani-distriksmunisipaliteit (MDM) te bring.

Kampersrus is ʼn klein dorpie buite Hoedspruit wat al etlike jare sukkel met watertekorte.

Die MDM se satelietbestuurder, mnr. Master Mashele, het verlede week aan die VF Plus bevestig dat die boorgatpomp in Boekenhoutstraat herstel is.

Ongelukkig het ’n kontrakteur, wat tans besig is om van die hoofpaaie te teer, ’n Eskom-paal beskadig en kon die boorgat by Soetdoring (naby Escarpia Estates) nie gebruik word nie.

Die Boekenhoutstraat-boorgat was egter in staat om genoeg water aan die hele Kampersrus te voorsien.

Die Maruleng-munisipaliteit het ook sy woord gestand gedoen en het vullis van huis-tot-huis verwyder.

Daar is nog paaie wat ontoeganklik is vir die vullistrok, maar die munisipaliteit beplan om ’n kleiner vragmotor te bekom om sodoende alle huishoudings te bedien.

Die VF Plus sal aanhou om druk toe te pas en op te tree in belang van inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.