fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesufi se misdaadvoorkomingbewaarders se gebrek aan opleiding wek kommer

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se nuutaangestelde 4 000 misdaadvoorkomingsbewaarders se gebrekkige opleiding is kommerwekkend.

Die bewaarders se opleiding van drie maande kan nie vergelyk word met polisiestudente wat ʼn verpligte kursus van twaalf maande aan die polisie-akademie moet voltooi nie.

Daarna moet die polisielede nog praktiese opleiding van twaalf maande by ʼn polisiekantoor ondergaan.

Selfs met dié opleiding is baie polisielede nie toegerus om misdaad doeltreffend te bekamp nie.

Die VF Plus is verder bekommerd oor die bewaarders se bevoegdhede en opleidingsproses ingevolge die Strafproseswet.

Dit magtig hulle om boetes uit te reik, beslag te lê op onwettige items soos dwelms en ammunisie en om verdagtes in hegtenis te neem.

Die VF Plus het in ʼn brief aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, gevra wat die bewaarders se vuurwapenbevoegdhede is, wat hul opleiding behels en wie verantwoordelik gaan wees vir siviele eise.

Indien die bewaarders nie binne die raamwerk van die wet optree nie, kan dit lei tot siviele eise van miljoene rande.

Die VF Plus is nie gekant teen enige poging om misdaad in Gauteng, wat van die hoogste misdaadsyfers in die land het, te bekamp nie.

Bewaarders wat onvoldoende opleiding ontvang het, kan egter nie in die voorste linies geplaas word om dit te doen nie.

Dit sal ʼn donker dag vir Gauteng wees indien hierdie bewaarders self slagoffers van misdaad word in Lesufi se pogings om die mag in Gauteng te behou.

Gauteng verdien beter as Lesufi en die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.