Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

NDBV tree op ná klag van VF Plus oor Mara-navorsingstasie in Limpopo

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het bevestig dat stappe geneem is om die vee van die Mara-navorsingstasie in Limpopo, wat vir dae sonder kos en water in krale aangehou is, se lot te verlig.

Die vee is na ander weidingskampe verskuif en daar is seker gemaak dat voldoende water voorsien word.

Dié optrede volg nadat die VF Plus ‘n klag by die NDBV ingedien het ná ‘n oorsigbesoek van die Limpop-wetgewer se portefeuljekomitee vir landbou aan die Mara-navorsingstasie.

Tydens die oorsigbesoek is vee sonder kos of water in kampe aangetref .

Die NDBV het onderneem om die instansie gereeld te besoek om te verseker dat die diere nie verder mishandel word nie.

Dit is ‘n skok dat diere in sulke omstandighede aangehou word by 'n plek wat veronderstel is om ‘n voorbeeld vir opkomende boere in die omgewing te wees.

Die VF Plus sal sorg dat daar streng teen persone opgetree word wat verantwoordelik is vir die wanbestuur van die navorsingstasie en die mishandeling van die diere.

Navrae: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.