fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp aansuiweringsbegroting van JB Marks-munisipaliteit

Die VF Plus het die voorgestelde aansuiweringsbegroting vir die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp) teengestaan tydens ‘n raadsvergadering wat op 30 September 2020 plaasgevind het.

Die VF Plus was ook die enigste party in die raad wat teen die goedkeuring van die munisipaliteit se jaarlikse begroting in Junie gestem het. Die party se teenstand volg op die voortslepende finansiële- en bestuursprobleme in die munisipaliteit.

Die JB Marks-munisipaliteit is ook sedert Augustus vanjaar onder administrasie geplaas en ondersoeke na verskeie ernstige ongerymdhede in die munisipaliteit is deur die Noordwes-wetgewer, die Valke en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) geloods ná indringende vrae deur die VF Plus in die wetgewer.

Ondersoek word onder meer ingestel na tender-ongerymdhede met die besteding van fondse ter waarde van R42 miljoen wat deur die regering bewillig is om die Covid-19-pandemie in Potchefstroom en Ventersdorp te bestry.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op alle regeringsvlakke toe te pas om die ondersoeke te bespoedig, en te verseker dat die persone verantwoordelik vir enige korrupsie en wanbesteding in die munisipaliteit tot verantwoording geroep word.

Navrae: 083 292 1157

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.