Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nala: VF Plus dien wantrouemosie in teen burgemeester

Die VF Plus het vandeesweek ʼn mosie van wantroue ingedien teen die burgemeester van die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron), me. Nozililo Mashiya, weens haar voortdurende pligsversuim.

Haar optrede het direk daartoe gelei dat ʼn ernstige bestuurskrisis Nala in die gesig staar. Mashiya is gereeld afwesig tydens raadsvergaderings sonder om verskoning aan te teken.

Die jongste voorval was toe sy en ANC-raadslede nie vir ʼn raadsvergadering op 1 April opgedaag het nie en die vergadering gekanselleer moes word weens ʼn gebrek aan ʼn kworum.

Die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) is boonop besig met ʼn ondersoek na haar beweerde betrokkenheid by korrupsie, onbehoorlike besteding van munisipale fondse en onreëlmatige betalings. Van die klagtes spruit uit haar termyn as speaker van Nala.

Verder is nie die aansuiweringsbegroting vir die 2024/25-finansiële jaar of die konsepbegroting vir die 2025/26-finansiële jaar ter tafel gelê nie.

Haar optrede ondermyn nie net dienslewering nie, maar skep ʼn bestuurskrisis wat die inwoners van Nala nadelig beïnvloed.

Die VF Plus sal nie langer toekyk hoe die burgemeester en ANC-faksies in die raad die munisipaliteit gyselaar hou nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.