fbpx
Vryheidsfront Plus

Musina-plaasaanval: Ekstra veiligheidsbewustheid nou nodig

’n Gesin van Musina is Woensdagoggend (8 Januarie) in hul plaaswoning aangeval en aangerand nadat vyf aanvallers vermoedelik toegang deur ‘n ongesluite agterdeur verkry het.

Die voorval het omstreeks 02:30 plaasgevind. Die eienaar, mnr. Natie Vos, is ernstig beseer nadat hy met verskeie voorwerpe geslaan is. Hy is per ambulans na die Netcare Pholoso-hospitaal op Pietersburg (Polokwane) gebring vir behandeling.

Sy eggenote, Jane Marie, is so erg aangerand dat haar beserings met steke geheg moes word. Sy is nie gehospitaliseer nie. Die kinders is ongedeerd.

Hierdie voorval onderstreep opnuut hoe belangrik deurlopende veiligheidsbewustheid is, veral vir mense in landelike gebiede.

Die aanvallers het onder meer selfone en gewere gesteel waarna hulle gevlug het.

Plaaslike plaaswagte, onder meer die Linton-, Mopani- en Tshipise-plaaswag, is steeds besig om in samewerking met die polisie na die verdagtes te soek.

Die VF Plus in Limpopo het die Vos-egpaar besoek om ondersteuning te bied en sal op provinsiale vlak volhou daarmee om ’n lig op plaasaanvalle in Limpopo te werp.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.