Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Munisipale bestuurder van Emfuleni moet bedank

Die munisipale bestuurder van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), April Ntuli, se onvermoë om dié munisipaliteit behoorlik te bestuur, kan nie langer voortduur nie. Die tyd het aangebreek dat hy bedank.

Die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC), waarvan die VF Plus deel is, het reeds op 31 Maart vanjaar ʼn uitnodiging aan Ntuli gerig om R1 miljard se ongemagtigde uitgawes aan die komitee te kom verduidelik. Hy het bloot nie opgedaag nie.

Die grootste ongemagtigde uitgawe is die huur van die OK-gebou in President Paul Krugerstraat in Vanderbijlpark. Die huur van die gebou beloop R1,3 miljoen per maand sonder ʼn huurkontrak tussen die munisipaliteit en die gebou-eienaar.

Die OK-gebou huisves onder meer die munisipale klientedienssentrum in Vanderbijlpark.

Selfs die finansiële hoof, Mfareleni Maseanoka, kon nie enige antwoorde verskaf nie.

Emfuleni is reeds bankrot en die ANC-beheerde regering steun die afgelope ses jaar ʼn onbefondsde begroting. Dit terwyl verbruikers hul krag- en waterrekeninge direk aan Eskom en Rand Water moet vereffen.

Die bestuur van die munisipaliteit het nie die politieke wil om die munisipaliteit uit sy rommelstatus te lig nie.

Die enigste oplossing is om die ANC uit die kussings te lig en ʼn nuwe regering daar te stel wat die inwoners se behoeftes eerste te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.