fbpx
Vryheidsfront Plus

MRK besoek Matjhabeng oor waterkrisis ná VF Plus-klag

Die Menseregtekommissie (MRK) het Matjhabeng vandag besoek na aanleiding van die klag wat die VF Plus op 2 Julie 2021 ingedien oor moontlike menseregteskendings deur die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) waar inwoners gereeld sonder water is.

Die VF Plus het die MRK-amptenaar tydens die besoek vergesel.

Weens lekkasies en onwettige aansluitings gaan 'n driekwart-liter water verlore vir elke liter water wat die munisipaliteit aankoop. Intussen ly inwoners gereeld onder watertekorte.

Die MRK het aangedui dat hy in gesprek sal tree met die Matjhabeng-munisipaliteit om nalatigheid en wanbestuur te ondersoek wat die waterprobleme veroorsaak.

Die VF Plus sal daarop aandring om by die gesprekke betrokke te wees.

Dis onaanvaarbaar dat inwoners tydens die nuwe vlaag Covid-19 en vlak 4-inperkings nie toegang tot water het nie.

Na aanleiding van die besoek is die hoop dat daar vinnig opgetree sal word.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die inwoners van Matjhabeng om seker te maak hulle is geregistreer om met die plaaslike verkiesing op 27 Oktober saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskap aan die ANC te stuur dat gebrekkige dienslewering en die verval van munisipaliteite nie langer geduld sal word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.