Die VF Plus begryp die noodsaak daarvan op paniekaankope van brandstof te voorkom en dat dit die rede is waarom petrol en diesel nie in kanne verkoop mag word nie. Nogtans is die party onder die indruk dat die minister nie alle implikasies daarvan in ag geneem het nie.
Landelike gebiede waar vissery, landbou en bosbou die hartaar van die ekonomie is, gebruik mense petrol- en dieseltoerusting vir hul alledaagse werk. Plase word met motorfietse gepatrolleer, petrolaangedrewe visserskuite is noodsaaklik en veral in tradisionele gebiede word water met petrol- of dieselaangedrewe pompe voorsien.
Daarom het die VF Plus met die departement in gesprek getree. Dit is uiters belangrik dat die minister die onvoorsiene gevolge van die verbod in ag neem en dat maniere gevind word om dit teen te werk.