fbpx
Vryheidsfront Plus

Mpumalanga: LUR onderneem om met polisie te praat oor oes- en veediefstal in provinsie

Vusi Shongwe, Mpumalanga se LUR vir veiligheid, sekuriteit en skakeling, het na talle versoeke van die VF Plus gesê ‘n vergadering sal met die topstruktuur van die polisie in Mpumalanga gehou word om strategieë te bespreek om die diefstal van gewasse soos avokado’s en macadamianeute gedurende die oesseisoen te voorkom.

Die VF Plus het dit by verskeie geleenthede uitgewys dat die polisie dikwels nie genoeg hulpbronne het om dié soort misdaad te bekamp nie, en dat die wil om sekuriteitsmaatskappye en boere te help in hul stryd teen dié reuse diefstal-probleem, ook ontbreek.

Diefstal van gewasse lei jaarliks tot groot ekonomiese verliese vir boere. Na raming beloop hierdie verliese sowat R340 miljoen per jaar. Die probleem kan ook vererger aangesien sindikate deeglik bewus is van die polisie se tekortkominge en die waarde van die produk.

Polisiekantore moet geëvalueer word wat die toewysing van hulpbronne aanbetref en waar nodig moet dit opgegradeer word en die nodige hulpbronne ontvang wat hulle in staat sal stel om ondersteuning aan die boere van Mpumalanga te gee.

Die VF Plus sal deurlopend in gesprek wees met die LUR om hom aan sy onderneming te hou en om toe te sien dat die beplande vergaderings wel plaasvind. Hierdie vergaderings moet landbou-unies en alle ander belanghebbendes insluit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.