Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Motoriste in Emfuleni se veiligheid bedreig met gesteelde padtekens, stukkende verkeersligte en dowwe padtekens

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se verkeersnetwerk gaan daagliks agteruit wat padgebruikers se lewe in groot gevaar stel.

Talle verkeersligte funksioneer nie behoorlik nie, padtekens word gesteel en padtekens en strepe op die teeroppervak is in baie gevalle nie meer sigbaar nie.

Die VF Plus meld voortdurend dié probleme by die munisipaliteit aan, maar die munisipaliteit se die wankelrige geldsake en wanbestuur, maak herstelwerk feitlik onmoontlik.

Een van die hoofpaaie, Barageweg in Vanderbijlpark, het slegs 'n paar werkende verkeersligte.

Verkeersligte wat in padongelukke beskadig word, word nie herstel of vervang nie. Ander is tydens protesaksies verwyder.

In gebiede waar verkeersligte nog in ‘n werkende toestand is, veroorsaak swak sinchronisasie gevaarlike verwarring.

Die gebrek aan behoorlike verkeersinfrastuktuur hou nie net gevaar vir motoriste in nie, maar ook vir voetgangers wat behoorlik moet kophou wanneer hulle paaie kruis.

Die Emfuleni-munisipaliteit is deur die Gauteng-provinsie onder gedeeltelike administrasie geplaas en is ‘n sprekende voorbeeld van die veral van ‘n munisipaliteit onder ANC-bestuur.

Die VF Plus sal voortdurende druk op die munisipaliteit plaas om te sorg dat infrastruktuur herstel en in stand gehou word.

Navrae: 083 263 9590

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.