Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Minister erken staatskaping en korrupsie het ekonomie verswak

Staatskaping en korrupsie het ‘n groot rol gespeel in die verswakking van Suid-Afrika se ekonomie en sy ekonomiese vooruitsigte. Hierdie erkenning is vandag gemaak deur die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, in antwoord op ‘n vraag van die VF Plus oor die aangeleentheid.

Die minister is gevra of hy sal erken dat staatskaping en korrupsie tot ‘n groot mate bygedra het tot die land se afgradering as beleggingsbestemming deur die wêreld se voorste krediet-graderingsagentskappe.

Dit het ‘n sterk nadelige uitwerking op die land se handel en nywerheid gehad selfs voor die invloed en uitwerking van die Covid-19-pandemie en het die land se ekonomie weerloos gelaat teen die uitwerking van ‘n ingrypende ramp soos die pandemie.

Die minister het bevestigend geantwoord en het gesê staatskaping en korrupsie, tesame met ander aspekte soos die lae vlakke van plaaslike vervaardiging, het die land se ekonomie in ‘n moeilike en verswakte toestand gelaat.

Navrae: 082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.