Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mosselbaai dra swaar aan gebrekkige dienslewering en hoë tariewe

Die VF Plus in Mosselbaai word al hoe meer toegegooi met klagtes oor die gebrek aan behoorlike dienslewering en die ondraaglikheid van hemelhoë tariewe in die dorp.

In die jongste geval het dit onder die party se aandag gekom dat die munisipaliteit ‘n heffing van R22 miljoen geplaas het op die bou van ‘n Afrikaanse skool op die Hartland-landgoed op Hartenbos.

Dit is die bedrag wat die Hartland Akademie sal moet betaal sodra die skool se getal kinders duisend bereik. Hierdie skok het die ontwikkelaars getref ná twee jaar van administratiewe rompslomp en vertragings met onder meer die hersoneringsaansoek.

Volgens die oorspronklike beplanning sou die skool in November 2025 geopen het, maar die bouwerk het nog nie eens begin nie.

Daar is tans net een akademiese enkeltalige Afrikaanse hoër skool in wit voedingsgebiede in die Suid-Kaap naamlik die Hoërskool Outeniqua in George, terwyl daar volop Engelse- en Xhosaskole in die streek is waar meer as 70% van die bevolking Afrikaanssprekend is.

Die vraag na ‘n Christelik Afrikaanse skool is oorweldigend en dringend, veral as in ag geneem word dat die Wes-Kaapse onderwysdepartement onlangs 2400 onderwysposte gesny en ‘n verdere 1200 onderwysers bedank het.

Die VF Plus doen ‘n dringende beroep op die Mosselbaai-munisipaliteit om hierdie heffing aan te pas en ander aansporings te bied aan die ontwikkelaars om die bou van die skool moontlik te maak.

Dit is nie net in belang van 70% van die inwoners nie, maar ook om werksgeleenthede te skep wat broodnodig is vir ekonomiese groei.

Dit help nie veel as die burgermeester saam met sy raadslede op foto’s verskyn wanneer ontwikkelaars projekte in dorp aankondig, beloftes aan hulle maak, maar niks daarna gebeur nie.

Mosselbaai se inwoners verdien beter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.