fbpx
Vryheidsfront Plus

Mogale City se ‘groenbriewe’ saai verwarring onder inwoners

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) het verwarring gesaai onder inwoners van Krugersdorp-Noord met sogenaamde ‘groenbriewe’ wat uitgestuur is.

Finale aanmanings, wat onder die gemeenskap as ‘groenbriewe’ bekend staan, is Donderdag uitgestuur – ʼn dag nadat inwoners hul amptelike diensterekening ontvang het.

Daarvolgens sal inwoners se dienste afgesny word indien hulle nie hul munisipale rekeninge binne sewe dae vereffen nie.

Verskeie inwoners waarmee die VF Plus gepraat het, het die party die versekering gegee dat hulle nie agterstallig is met hul rekeninge nie en dat dit eers aan die einde van die maand vereffen moet word.

Dit blyk verder uit inligting wat die VF Plus ontvang het dat die agterstallige bedrag op elke ‘groenbrief’ aangedui word as R706,62.

Die VF Plus het die saak vandag tydens ʼn raadsvergadering geopper, maar volgens die speaker, Lucky Sele, is dit nie dringend nie.

Geen antwoorde kon ook verkry word van die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Doreen David en ander amptenare nie.

Die VF Plus doen ʼn beroep op inwoners wat ‘groenbriewe’ ontvang het, maar wie se diensterekeninge op datum is, om met die party in verbinding te tree.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.